Voorverhit die oond tot 160 °C.

Geur die bors met die sout en peper.

Verhit die olie in ’n groot kastrol tot warm.

Plaas die bors in die kastrol en verbruin die vleis alkante.

Haal die vleis uit die kastrol en plaas eenkant.

Plaas die uie, groen soet- rissie, lourierblare en droë brandrissie in dieselfde kastrol en braai tot die uie goudbruin is.

Voeg die res van die bestanddele by en kook 10 min.

Plaas die vleis terug in die kastrol en voeg 750 ml (3 k) warm water by.

Sit die deksel op en kook 4-5 uur stadig in die oond.

Laat dit rus voor jy dit in skywe sny.

Sit voor saam met ’n kraakvars koolslaai in die somer en warm groente soos pers kool, pampoen en geel beet in die winter.

Wenk
As jy nie ’n oondvaste kastrol met ’n deksel het nie, sit die vleis en uiemengsel in ’n diep oondpan voor, giet die water oor en bedek dig met foelie.