Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas ’n draad­rakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei. Smeer nog ’n groot bakplaat met olyfolie. 

  • Sit die ribbetjie op die bereide draad­rakkie.
  • Soutoplossing: Los die sout in die water op en giet in ’n skoon spuitkannetjie. Bespuit die ribbetjie alkant ruimskoots met die water.
  • Sit die ribbetjie in die oond en rooster 10 min. Bespuit weer met die soutwater en draai om. Braai nog 10 min. en bespuit weer. Herhaal nog 2-3 keer of tot die ribbetjie gaar en goudbruin gebraai is.
  • Focaccia: Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak rofweg uit in ’n ovaal vorm. Plaas die deeg op die ander bereide bakplaat. Druk die olywe en roosmaryn oraloor in die deeg en drup die olie oor. Geur met die sout en bak 15-20 min. in die verhitte oond of tot gaar.
  • Sny die ribbetjie in porsies en sit voor saam met die brood.