Voorverhit die oond tot 160 °C. 

  • Blad: Geur die springbokblad oraloor met die sout en vars gemaalde peper. Pak die uie, knoffel en wortels op die bodem van ’n oondbak met ’n deksel. Sit die blad bo-op en verf die bessiekonfyt oor die vleis. Giet die rooiwyn en aftreksel in die bak en sit ’n vel ­tinfoelie bo-oor die bak. Plaas die deksel dan stewig ­bo-op en rooster 3-4 uur in die oond of tot die vleis van die been begin afval.
  • Koeskoes: Berei die koes­koes volgens die aan­wysings op die verpakking. Vlok dit met ’n vurk en voeg die res van die bestanddele by. Roer goed deur en geur met die sout en peper na smaak.
  • Soetwortels: Plaas al die ­bestanddele saam in ’n pan en roerbraai oor matige ­hitte tot gaar en stroperig. Geur met sout.
  • Vir voorsit: Vlok die vleis uitmekaar met twee vurke en sit voor saam met die soet­wortels en koeskoes.

ALTERNATIEF: Varkboud kan ook ­gebruik word pleks van die wildsblad; ­gebruik dan net appelbier of bier pleks van die rooiwyn, en appelkooskonfyt pleks van die bessiekonfyt.