• Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel, brandrissies en gemmer by en roerbraai 5 min.
  • Voeg al die speserye en kruie by, roer deur en voeg die tamatiepasta by. Roerbraai 1 min.
  • Voeg die maalvleis by en roerbraai 10 min.
  • Roer die tamaties en suiker by en laat nog 10 min. stadig prut. Meng die stampmielie-­en-boontjiemengsel en aftreksel by.
  • Laat nog 5 min. prut en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. 
  • Vir voorsit: Skep die chilli con carne in bakkies, pak die kersietamatie­skyfies bo-op en sprinkel die cheddarkaas oor.  Sit voor saam met die koljanderblare, ekstra brandrissie en lemmetjiewiggies.