Voorverhit die oond tot 230 °C. Hou 'n bakplaat byderhand.

  • Steak: Geur die steaks met die sout en peper. Smeer met die olyfolie.
  • Verhit 'n pan tot rookwarm en seël die steaks aan albei kante – daar moet 'n donkerbruin kors aan elke kant vorm. Haal uit die pan en pak op die bakplaat. Sit 'n klontjie botter op elke steak.
  • Rooster die steaks nog 3-5 min. in die oond of tot gaar soos verkies.
  • Haal dadelik van die bakplaat af en laat 10 min. op 'n bord rus.
  • Kruiesous: Meng alles goed en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Slaai: Meng die tamaties en ui in 'n mengbak en giet die kruiesous oor. Meng deur. Sny die steak in dun repies en meng deur die slaai.
  • Vir afronding: Versprei die slaai op ’n groot slaaibord. Pak die kaas in die middel, indien gebruik, en rond af met nog vars pietersielie.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.