Maak 'n vuur met genoeg kole.

  • Plaas die steaks in 'n niemetaalbak.
  • Marinade: Meng al die bestanddele goed en giet oor die steaks. Bedek en laat 30 min. marineer.
  • Salsa: Meng al die bestanddele goed.
  • Braai: Haal die steaks uit die marinade en pak op 'n toeknyprooster. Braai 7-10 min. laag oor die kole of tot gaar soos verkies. Haal die vleis af en laat rus 5 min.
  • Afronding: Braai die tortillas een-een 1 min. oor die kole; vou in driehoeke.6 Sny die steaks in repies. Vul die tortillas met die jogurt, salsa, koljanderblare en steakrepies en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.