Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat goed met kossproei.

  • Patatwiggies: Smeer die helfte van die olyfolie op die bakplaat. Versprei die wiggies in ’n enkellaag op die bakplaat. Drup die res van die olie oor en geur met die sout.
  • Rooster 20 min, draai om en rooster die wiggies nog 20-30 min. of tot goudbruin en sag.
  • Sous: Verhit intussen die olie en botter in ’n groot pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die sampioene en tiemie by en roerbraai 10 min.
  • Roer die whiskey by, indien gebruik, en laat prut 5 min. Sprinkel die meel oor en roer deur, verlaag die hitte en giet die room by. Roer aanhoudend om klonte te voorkom. Geur met die sout na smaak en lekker baie peper. Laat ’n paar minute liggies prut of tot die sous verdik.
  • Steak: Klad die steaks goed droog met kombuispapier en smeer alkant met die olie. Sprinkel die gemaalde peper oor en geur met die sout.
  • Verhit ’n pan tot rookwarm en seël die steaks 1 min. per kant. Verlaag die temperatuur tot matig, voeg die botter en roosmaryn by en braai die steaks nog 2 min. per kant of tot gaar soos verkies. Haal die steaks uit die pan uit en laat rus 5 min.
  • Sit die steaks voor saam met die patatwiggies en die sous.