• Marinade: Meng al die bestanddele vir die ­marinade, insluitend die sout. Marineer die vleis sowat ’n uur.
  • Braai die steak oor warm kole tot die verlangde graad van gaarheid – lig- tot mediumgaar is ideaal. Laat 10 min. rus. Verhit andersins ’n riffelpan tot rookwarm en braai die steaks daarin.
  • Sous: Braai die ui in ’n pan met olyfolie en voeg die sampioene by. Braai tot gaar.
  • Voeg die room, jogurt, sout en peper by en laat prut tot lekker dik en ­romerig.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met aartappel­skyfies en ­gebraaide uieringe.