Voorverhit die oond tot 180 °C, bespuit 2 muffinpanne met kossproei en sprinkel meel oor.

  • Sny elke vel deeg in 24 ewe groot vierkante, plaas in die panne en bak 10-12 min tot goudbruin. Laat effens afkoel, haal uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrak. Doen dit met albei deegvelle.
  • Salsa: Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  • Vulsel: Geur die steak met sout en peper en braai 4 min. per kant of tot gaar na smaak. Laat rus op ’n broodplank en sny so 10 min. later in skyfies.
  • Skep salsa in elke deegbakkie, pak een of twee stukkies steak daarin, strooi roket oor en bedruip met die balsemieke reduksie.