Plaatkoekies

Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer die suiker deur. Klits die melk, ­eiers en olie saam en voeg by die meelmengsel. Klits tot goed gemeng en tot die beslag ­sonder klonte is.

Krummel die ricotta of feta by die mengsel in en roer saam met die suurlemoenskil by die beslag in.

Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan en skep lepels vol van die mengsel daarin. Bak tot die plaatkoekies ligbruin aan albei kante is en gaar.

Vir voorsit

Sit die plaatkoekies voor saam met die spek, heuning, ekstra ricotta of feta en suurlemoenskil, indien verkies.