10 min.
4-6
1 uur 15 min.
Bestanddele
- 300 g beespotjiekosvleis, kleiner gesny
- sout en vars gemaalde peper
- 60 ml (¼ k) meel
- 30 ml (2 e) olie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 100 g tamatiepasta
- 4 x 250 ml (4 k) beesvleisaftreksel
- 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
- 5 ml (1 t) gerookte paprika
- 2,5 ml (½ t) rooipeper
- 15 ml (1 e) droë gemengde kruie
- ’n skeut suurlemoensap
- AFRONDING
- ’n hand vol vars pietersielie, gekap
- 1 suurlemoen, in wiggies gesny
Metode

- Geur die vleis met die sout en vars gemaalde peper. Rol in die meel en skud enige oortollige meel af.
- Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die tamatiepasta by en roerbraai ’n minuut.
- Voeg die vleis by en roerbraai 10 min. Giet die aftreksel by en laat prut 45 min. of tot die vleis sag is. Roer af en toe en voeg gereeld water by, indien nodig.
- Voeg die tamaties, speserye, kruie en suurlemoensap by en geur met nog sout en vars gemaalde peper, indien verkies.
- Afronding: Sprinkel die pietersielie bo-oor die sop, skep op en sit dadelik voor saam met die suurlemoenwiggies.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET