• Geur die varkblokkies met die sout en vars gemaalde peper. Sprinkel die paprika oor en rol in die meel. Skud enige oortollige meel af.
  • Verhit die olie in 'n diep kastrol en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
  • Braai die uie, knoffel, brandrissies en lourierblare tot geurig. Skep die vleis terug in die kastrol.
  • Voeg die rooiwyn, asyn en aftreksel by, roer goed en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die bredie 1-2 uur prut of tot die vleis sag is; roer af en toe om te verhoed dat die bredie vasbrand.
  • Geur die bredie met nog sout en peper, indien verkies.
  • Vir voorsit: Sprinkel die brandrissie oor en sit voor saam met die suurlemoenwiggies.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.