• Bredie: Geur die varkvleisblokkies met die sout en peper en rol in die koekmeel.
  • Verhit ’n bietjie olie en botter in ’n groot pot met ’n deksel en roerbraai die vleis tot bruin. Skep uit.
  • Roerbraai die uie en spekvleis tot sag en gaar (hou ’n paar gaar repe spekvleis eenkant vir garnering). Voeg die sampioene by en braai effens.
  • Voeg die lourier­blare, rooiwyn en ystee by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut sowat 15 min. of tot ’n geurige sous gevorm net. Roer die suur­lemoenskil en -sap en tiemie by.
  • Kluitjies: Maak intussen die kluitjies: Meng die droë bestanddele, vryf die botter in en sny die jogurt in met ’n mes tot net gemeng.
  • Voeg die vleis by die wynmengsel en kook tot geurig en gaar.
  • Skep lepels vol van die kluitjies bo-op. Plaas die deksel op en laat prut tot die kluitjies gaar is, sowat 10-15 min. Rond af met die tiemieblaar­tjies.

Wenk: As jy nie lus het vir kluitjies maak nie, breek ’n dag oue brood in growwe stukke en rooster tot bros. Sprinkel oor die vleis wanneer gaar.

Rooiwyn en ystee word gebruik om die vleis op die stoof gaar te stowe.

Dit word voorgesit saam met kluitjies wat met jogurt aangemaak word en ook sommer bo-op die stowe gaar word.