Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Geur die varkfilette met die tiemie, sout en peper. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die ­filette 1 min. aan elke kant of tot goed geseël. Haal die filette uit die pan en hou eenkant.
  • Verhit die botter in dieselfde pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk en tot al die vloeistof weggebraai is. Krummel die feta oor die spinasie, indien gebruik. Geur met sout en peper na smaak.
  • Rol die skilferkorsdeeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en halveer die deeg.
  • Smeer albei helftes ruimskoots met die blatjang, maar hou ½ cm reg rondom elke stuk deeg skoon. Pak die spinasie in die middel van elke stuk deeg.
  • Plaas ’n filet op elke helfte bo-op die spinasie. Rol elke filet styf toe met die deeg en seël al die kante goed

WENK

Vervang bees- met varkfilet

Pleks van die duur Beef Wellington wat van bees gemaak word, kan jy varkfilet vir dié rolletjies gebruik.