• Plaas die ui, lourierblare en rib in 'n groot kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat die rib 1 uur prut of tot sag. (Die vleis moet sag wees, maar nie uitmekaarval nie.)
  • Haal die rib uit die water en pak in ’n niemetaalbak.
  • Braaisous: Plaas intussen al die sousbestanddele in ’n klein kastrol en verhit. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Giet die sous oor die rib en maak seker dis oraloor bedek.
  • Braai: Maak genoeg kole vir braai. Plaas ’n staander in die kole. Haal die rib uit die marinade en pak op 'n rooster.
  • Braai die rib tot dit lekker klewerig en effens geskroei is. Verf die rib af en toe met die marinade. Haal van die rooster af, sny in porsies en sit voor.
Wenk
Dié marinade is ook lekker vir hoender, vark en beesvleis.

Kom neem deel aan die gesprek.

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.