15 min.
4-6
1 uur 15 min.
Bestanddele
- 800 g varkrib, in individuele ribbetjies gesny
- 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
- SOUS
- 60 ml (¼ k) sojasous
- 125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
- 30 ml (2 e) tamatiesous
- ROERBRAAI
- 30 ml (2 e) olie
- 1 ui, in skyfies gesny
- ½ kopkool, gesnipper
- 1 kg baba-aartappels, gekook tot net gaar en gehalveer
- 2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies
- 15 ml (1 e) witwynasyn
- sout en peper na smaak
- VIR VOORSIT
- vars kruie, indien verkies
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit goed met kossproei.
- Sit die varkribbetjies in ’n drukkoker en giet die hoenderaftreksel by. Giet nog kookwater bo-oor indien nodig – die ribbetjies moet heeltemal met vloeistof bedek wees. Seël die pot goed met die deksel en laat 35-40 min. onder druk kook of tot die ribbetjies sag is. Haal die ribbetjies uit die vloeistof en hou eenkant.
- Sous: Verhit intussen al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos is.
- Pak die gekookte ribbetjies op die bereide draadrakkie en verf die sous ruimskoots oor. Draai die ribbetjies om en verf weer met die sous. Rooster die ribbetjies 15 min., draai dit dan om en verf weer met die sous. Rooster nog 10-15 min. of tot goudbruin en klewerig.
- Roerbraai: Verhit intussen die olie in ’n diep pan en braai die ui tot geurig. Voeg die kopkool by en roerbraai tot sag.
- Voeg die aartappels, brandrissievlokkies en asyn by en roerbraai tot die aartappels deurwarm is. Geur met die sout en peper na smaak.
- Vir voorsit: Sit die ribbetjies voor saam met die roerbraai en vars kruie, indien verkies.
Vark is een van die goedkoper plaasvervangers vir lam en bees. Ons gebruik varkrib en sit dit voor saam met ’n spotgoedkoop roerbraai.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET