• Varkribbetjies: Plaas die ribbetjies, uie, knoffel en lourierblare in ’n druk-koker. Giet die rooibostee en hoenderaftreksel oor en seël die druk­koker goed. Bring tot kookpunt en laat kook 30 min. onder druk of tot die ribbetjies sag is maar nie van die been afval nie.
  • Laat die stoom uit die drukkoker en haal die ­ribbetjies versigtig uit.
  • Giet die res van die vloeistof wat in die drukkoker is in ’n kleiner kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut tot die sous met die helfte verminder het.
  • Koolslaai: Meng die jogurt, mayonnaise en heuning. Geur met die sout na smaak. Meng die wortel-en-koolmengsel, stingeluie en koljanderblare in ’n mengbak. Giet die sous oor en meng deur.
  • Afronding: Voeg die heuning en worcestersous by die sous en verf die ribbetjies daarmee. Besprinkel die ribbetjies ruimskoots met die koljandersaadjies en braai oor die kole of in ’n ysterpan tot goudbruin.
  • Sit die ribbetjies voor saam met die koljanderkoolslaai.