• Geur die vark met sout en peper, verhit die olie in ’n wok of groot pan en braai die vleis in sarsies tot dit bruin is. Verwyder en laat staan eenkant. 
  • Plaas die groente in dieselfde pan; roerbraai sowat 3-5 min. Giet die sous daarby, plaas weer die vleis in die pan en roerbraai nog 3-5 min.
  • Vir voorsit: Meng deur die noedels tot dit goed met die sous bedek is, strooi sesam­sade en kol­jan­der oor en sit voor. 
Foto: Jacques Stander


Roerbraai-pakkie #2
  • 1 ui, gekap
  • 350 g broccoli, in blommetjies gebreek
  • 250 g sampioene, in kwarte gesny
  • 250 ml (1 k) be­vrore mielies


Foto: Jacques Stander

Gemmersous (Lewer sowat 125 ml)
  • 45 ml (3 e) sojasous
  • 75 ml (5 e) esdoringstroop
  • 5 ml (1 t) sesamolie
  •  1 groen rissie, fyngekap
  •  30 ml (2 e) vars gemmer, fyngerasper
  •  2,5 ml (½ t) mielieblom

    Meng die bestanddele en vries tot 3 maande in lugdigte houers.