15 min.
6
3 uur
Bestanddele
- Vulsel
- 1 rooi-ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 Granny Smith-appels, ontkern en in klein blokkies gesny
- 60 ml (¼ k) sonneblom-pitte, gerooster
- 15 ml (1 e) tiemieblaartjies
- ’n hand vol pietersielie, gekap
- Varkrol
- 1 x 600 g-varkliesrol, ontbeen
- sout en vars gemaalde peper
- 250 ml (1 k) gemmerlim
- 250 ml (1 k) hoender- of groenteaftreksel
- Vir voorsit
- 2 Granny Smith-appels, ontkern en in skyfies gesny
- 1 rooi-ui, in skyfies gesny
- ’n skeut suurlemoensap
- ekstra tiemietakkies
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n oondbak met ’n deksel byderhand.
- Vulsel: Meng alles goed.
- Varkrol: Rol die varkrol oop en klad droog. Geur die vleiskant met die sout en peper. Versprei die vulsel op die vleis en rol stewig toe. Bind die rol met kombuistou vas.
- Geur die velkant van die rol met die sout.
- Plaas die rol in die oondbak en giet die gemmerlim en aftreksel in die bak. Bedek en rooster 2 uur in die oond. Haal die deksel af en rooster nog 1 uur of tot die vark gaar en die vel bros is.
- Vir voorsit: Meng die appels en ui liggies en geur met die suurlemoensap. Haal die tou van die varkrol af, sny in skywe en rond af met die tiemie.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg
Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET