• Smeer die steaks met die helfte van die olyf- olie in. Meng die sout, peper en rooibosteestokkies goed en sprinkel oor die steaks.
  • Verhit ’n ysterpan tot rookwarm en pak die steaks daarin. Braai tot goudbruin aan die een kant. Giet die res van die olie in die pan en draai die steaks om. Braai tot goudbruin aan die ander kant. Draai die steaks af en toe en braai tot gaar soos verkies.
  • Haal uit die pan en laat 5 min. rus.
  • Ponzu-sous: Meng al die bestanddele goed.
  • Chinese roerbraairys: Verhit die olie in ’n groot pan en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag en geurig. Skep die uiemengsel uit en giet die eiers in die pan. Roerbraai tot gaar en plaas die uiemengsel terug in die pan. Skep die rys by en meng goed deur.
  • Geur die rys met die peper en vissous of sout na smaak. Meng goed en roerbraai tot deurwarm.
  • Vir voorsit: Sny die steaks in stukkies op. Skep die rys in hopies op borde en pak die steakstukkies bo-op. Drup van die Ponzu-sous oor en rond af met die stingel­uie en vars koljander­blare.