Hou 'n toeknyprooster byderhand.

  • Pak die tjops in 'n nie-metaalbak. Pak die suurlemoenskyfies, knoffel, lourierblare, gemmerstokkies en ui tussen die varktjops. Giet die bier of gemmerlim oor, bedek en laat die vleis oornag in die yskas marineer.
  • Braai: Maak 'n vuur met genoeg kole vir braai. Plaas 'n staander in die kole. Haal die tjops uit die marinade en pak op die rooster.
  • Braai die tjops 10 min. oor matige hitte.
  • Verf die tjops aan albei kante met die heuning en geur met die sout en peper. Braai nog 5-10 min. of tot die tjops klewerig en gaar is soos verkies.
Wenk
Gee die vleis ekstra geur deur die heuning met 15 ml (1 e) heelkorrelmosterd en 5 ml (1 t) Dijonmosterd te meng.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.