• Meng die hoisin- en sojasous, suiker en 75 ml (5 e) water in ’n bakkie en laat staan eenkant.  
  • Voorverhit ’n kastrol oor matige hitte, voeg 15 ml (1 e) van die olie daarin en braai die knoffel 30 sek. tot geurig.
  • Voeg die sousmengsel by en bring tot kookpunt, draai die hitte af en laat stadig met ’n derde afkook.
  • Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  • Plaas die varktjops in ’n ziplocksakkie, giet die sousmengsel daarin, druk die oortollige lug uit en verseël.
  • Marineer minstens 1 uur.
  • Haal die tjops uit die sak.
  • Skud die oortollige sous af en hou vir later.  
  • Plaas ’n braaipan of wok oor matige tot hoë hitte, voeg die oorblywende olie daarin en dan die varktjops.
  • Braai aan een kant tot goudbruin; draai om en braai die ander kant ook tot goudbruin.
  • Verminder die hitte tot matig en braai nog 10 min. tot deurgaar.
  • Plaas op ’n bord en laat 10 min. rus.
  • Terwyl die vleis rus, vee die oortollige olie uit die wok en giet die oorskietsous daarin saam met 30 ml (2 e) water.
  • Laat dit 2 min. liggies kook en haal dan af van die hitte.
  • Pak die tjops op borde en bedruip met die sous.