Voorverhit die oond tot 230 °C.

  • Stroganoff: Geur  die vleisrepies met die sout en vars gemaalde peper.
  • Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis in sarsies bruin. Moenie die vleis te lank braai nie; dit droog baie vinnig uit. Skep uit en hou eenkant.
  • Braai die stingeluie en sampioene tot gaar. Voeg die patatblokkies by en strooi die meel oor. Roer deur en giet 60 ml (¼ k) water by. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot die patatblokkies gaar is.
  • Skep die vleis terug in die kastrol; roer die jogurt by. Geur met nog vars gemaalde peper, indien verkies. 
  • Verdeel die stroganoff tussen 4 bakkies of skep in 1 middelslag-oondbak.
  • Vir afronding: Breek die filodeeg rofweg in stukke op. Frommel elke stukkie deeg op en druk op die vulsel. Bespuit die deeg met kossproei en bak  5-10 min. in die oond of tot ligbruin en bros.
  • Sprinkel die pietersielie oor en sit voor.