• Plaas al die bestand­dele in ’n drukkoker, sit die deksel op en seël goed. Laat die vleis 50 min. onder druk kook of tot die vleis van die bene afval. 
  • Laat die vleis afkoel; haal al die bene, lourierblare en naeltjies uit. Gooi van die vloeistof af indien daar nog te veel in die pot oor is. Pluis die vleis met twee vurke en skep in ’n mengbak.
  • Afronding: Voeg al die ­bestanddele by die vleis in die mengbak en meng goed. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir voorsit: Stop die ­vetkoeke met die rafeltjievleis en koljanderblare en sit voor.

ALTERNATIEF: Beesskenkels of -potjie­kosvleis kan ­gebruik word pleks van die wildsvleis.