20 min.
2
30-35 min.
Bestanddele
- 2 x 200 g volstruissteaks
- 15 ml (1 e) olyfolie
- INVRYFMENGSEL
- 10 ml (2 t) koljandersaadjies
- 5 ml (1 t) kitskoffie
- 5 ml (1 t) droë tiemie
- 2,5 ml (½ t) seesoutvlokkies
- ROOMSOUS
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- 250 g bruinsampioene, in skyfies gesny
- 15 ml (1 e) brandewyn
- 5 ml (1 t) groenpeperkorrels, gekap
- 5 ml (1 t) meel
- 60 ml (¼ k) beesvleisaftreksel
- 125 ml (½ k) room
- ’n hand vol vars pietersielie, gekap
- sout en vars gemaalde swartpeper
Metode

- Klad die steaks met kombuispapier droog en vryf in met die olie. Hou eenkant tot benodig.
- Invryfmengsel: Verhit ’n droë pan op die stoof en rooster die koljandersaadjies tot geurig. Maal dit met ’n stamper in ’n vysel fyn. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Sprinkel die mengsel oor die steaks en vryf goed in.
- Roomsous: Verhit die olie in ’n groot pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Voeg die brandewyn en peperkorrels by en sprinkel die meel oor. Meng goed.
- Giet die aftreksel by en verlaag die hitte – roer die sous aanhoudend. Giet die room by en roer tot die sous afgekook en effens verdik het. Roer die pietersielie by en geur met nog sout en peper indien verkies.
- Afronding: Verhit ’n kleefvrye pan tot rookwarm. Plaas die steaks in die pan en seël 30 sek. aan elke kant of tot ’n goudbruin kors bo-op die steaks vorm. Verlaag die hitte en braai die steaks 2 min. per kant of tot gaar soos verkies. Moenie die steaks te gaar braai nie, anders sal dit droog wees. Haal die steaks uit die pan en laat 5 min. rus.
- Vir voorsit: Sny die steaks in repies en sit saam met die sampioensous voor.
ALTERNATIEF: Beeslendesteaks of -filet kan gebruik word pleks van die volstruissteaks.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET