Varklies

  • Plaas die lies met die vetkant na bo op ’n draadrakkie in ’n oondpan. Giet kookwater oor die lies en laat staan tot afgekoel. Dreineer die water.
  • Vryf die vleiskant in met soet sojasous, vryf die velkant goed in met die sout en plaas oop, met die velkant na bo, in die yskas, verkieslik oornag.
  • Pak die gemmerwortel, appels en uie in ’n oondbak, plaas die lies met die velkant na bo in
    die bak, oondbraai by 280 °C of tot die swoerd mooi bruin is, sowat 20 min.
  • Giet die tee of gemmerbier in tot waar die vleislaag maar nie die vetlaag en vel bedek is nie.
  • Sprinkel die vinkelsade bo-oor, bedek met tinfoelie of bakpapier en oondbak by 160 °C sowat 2½ uur of tot die vleis heerlik sag is.
  • Verwyder vir die laaste halfuur die tinfoelie sodat die vel weer lekker bros kan word.

Salsa

  • Meng al die bestanddele.

Vir voorsit

  • Sny die vleis in blokkies, plaas op ’n bord, skep van die salsa langsaan of oor die vleis en sit voor.