Voorverhit die oond tot 190 °C en bespuit ’n oondbak met kossproei.

  • Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel en ­gemmer tot geurig. Roer al die speserye by. Voeg die maalvleis by en roerbraai sowat 5 min.
  • Voeg die patatblokkies by en roerbraai nog 10 min. of tot die patat sag is. Roer die sultanas by en geur met die sout en vars gemaalde peper. Skep  die maalvleismengsel in die bereide oondbak. Bak die ­bo­botie 10 min.
  • Eiervla: Klits al die bestanddele goed saam en geur met die sout en vars gemaalde peper. Giet die eiervla eweredig oor die bobotie sodra dit uit die oond kom en bak nog 20-25 min. of tot die eiervla gestol is.

ALTERNATIEF: ’n Kombinasie van ­volstruis- en beesmaalvleis kan ­gebruik word; ekstramaer beesmaalvleis werk ook goed.