Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n pastei­bak met kossproei.

  • Verhit die botter en olie in ’n kastrol. Braai die spek tot bros en voeg die sampioene by. Roerbraai tot gaar.
  • Voeg die lourier­blare, tiemie, naeltjies en wildsvleis by. Giet die rooiwyn of port en hoenderaftreksel by en geur met die sout en vars gemaalde ­peper. Laat die mengsel prut tot die vloeistof afgekook het.
  • Roer die mielieblommengsel by en roer aanhoudend tot die vulsel verdik.
  • Vir afronding: Skep die vulsel in die oondbak. Rol die deeg ­liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en sny dit so groot soos die oondbak. Sit die deeg bo-op die vulsel en verseël die kante met ’n vurk. 
  • Verf die deeg liggies met die eiermengsel en garneer met die res van die deeg soos verkies. Maak ’n gleuf in die deeg en bak 30-35 min. of tot die deeg gaar en goudbruin is.