1. Tamatiesop

Die sop is heerlik romerig hoewel dit nie ’n krieseltjie room bevat nie. Die tamaties word vooraf in die oond gerooster om die geur uit te bring.

tamatie,sop
Tamatiesop. Foto: Misha Jordaan

2. Sampioensop

Jy gebruik droë sampioene om die geurige aftreksel mee te maak. Hoe langer die aftreksel kook, hoe geuriger is die sop.

resep,sampioen,sop
Sampioensop. Foto: Misha Jordaan

3. Uiesop

Die geheim van dié bekende sop is ’n geurige beesaftreksel. Ons wys hoe jy jou eie aftreksel spotgoedkoop met sopbene kan maak. 

resep,uie,sop
Uiesop. Foto: Misha Jordaan

4. Hoenderbonesop

Dié sop word blitsig gemaak met ’n klaargaar draaispithoender en blikkiesbone en -mielies.

hoender,bone,sop
Hoenderbonesop. Foto: Misha Jordaan

5. Vissop

Die sop se basis is ’n geurige klappermelk-aftreksel. Ons het forel gebruik, maar stokvis sal ook werk.

resep,vis,sop
Vissop. Foto: Misha Jordaan

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.