Voorverhit die oond tot 190 °C.

  • Geur die beesstert of bees- stowevleis met die sout en peper en smeer die tamatiepuree of -pasta oor.
  • Bak sowat 30 min. in die oond tot bruin.
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die groente, buiten die tamaties, daarin tot glasig.
  • Voeg die beesstert of bees- stowevleis, tamaties, geurmiddels, beesvleisaftreksel, rooiwyn en tamatiepasta by.
  • Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut sowat 3-4 uur of tot die vleis van die bene losgekook het.
  • Verwyder enige senings (en bene indien verkies).
  • Geur met die sojasous en worcestersous.
  • Skep in bakkies en rond af met skeppies suurroom en pietersielie of basilieblare.