• Verhit die botter en olyf­olie saam in ’n groot kastrol.
  • Voeg die broccoliboompies by en roerbraai 5 min. Sprinkel die meel oor en roer deur. Sprinkel die biltongpoeier oor.
  • Giet 250 ml (1 k) van die aftreksel stadig by en roer aanhoudend. Giet die res van die aftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die sop 10 min. prut of tot die broccoli sag is.
  • Haal die sop van die stoof af en maak met ’n staafmenger goed fyn.
  • Plaas die kastrol terug op die stoof en roer die jogurt of suurroom en suurlemoensap by. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir afronding: Skep die sop in bakkies en sprinkel nog ’n bietjie biltongpoeier oor. Garneer met die gekerfde biltong en vars basilie. Sit voor saam met die roosterkoekies.

’n Ligter weergawe van die tradisionele biltong­roomsop.