• Beetsop: Sny 3 bete in klein blokkies, rasper die res en hou eenkant.
  • Verhit die botter in ’n swaarboompot oor ma­tige hitte en soteer die beetblokkies, ui en wortel daarin tot sag. Voeg die seldery, prei, knoffel en gemmer by en soteer ongeveer 2-3 min.
  • Voeg die wonderpeper, paprika en lourierblaar by en roer deur.
  • Voeg die beesvleis­aftreksel en aartappel by en laat prut 10-12 min. of tot die groente sag is.
  • Voeg die gerasperde beet en kool by en laat prut nog 5-7 min.
  • Geur met die asyn, srirachasous, suiker, sout en peper.
  • Afronding: Skep in warm borde en rond af met ’n paar skeppies suurroom, dilletakkies en gebraaide chorizo. Sit voor saam met geroosterde rogbrood.

“Borsjt is ’n persrooi juweel op ’n bord. Dis die volmaakte maat vir die spierwit bos blomme wat jy (mos) vir jou (jammer) gesprek beplan.”