Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat en ’n oondbak (waarin 3 camemberts sal pas) byderhand.

  • Crostini’s: Pak die skyfies brood in ’n enkellaag op die bakplaat. Meng die botter, kruie en knoffel goed en smeer die brood daarmee.
  • Sprinkel die sout oor en oondrooster 5-10 min. of tot goudbruin en bros. Pak die broodjies op ’n opdienbord en hou eenkant.
  • Fondue: Pak die camembert, knoffel en tiemie in die oondbak. Giet die wyn oor en bedek met tinfoelie. Plaas die bak in die oond en bak 15 min. Haal die tinfoelie af en bak nog 5-10 min. of tot die kaas gesmelt is.
  • Doop die crostini’s in die kaas en geniet dit.

Camembert is ’n sagte kaas van matige sterkte en bekend vir sy romerigheid.

Deur die kaas in witwyn saam met tiemie en knoffel te bak word dit ’n wen-­peuselhappie vir winterkuiers.