• Soteer die uie, knoffel en soetrissies in die olie tot glasig. Skep uit.
  • Geur die varkblokkies liggies met die sout en peper, en braai tot effens bruin in dieselfde kastrol.
  • Voeg ’n bietjie olie by as die vleis nie genoeg vet aanhet nie.
  • Voeg die paprika en komyn by en braai 1 min. tot geurig.
  • Meng die tamatiepasta met die aftreksel en voeg by.
  • Verlaag die hitte en laat prut sowat 1 uur of tot die vleis lekker sag is.
  • Voeg die uitgeskepte uiemengsel halfpad deur die kooktyd weer by.
  • Meng die meel met ’n bietjie water, roer by die sop in en bring weer tot kookpunt as jy ’n dikker sop verkies.
  • Voeg die suurroom of jogurt en suiker by, geur na smaak met die sout en peper en verhit tot lekker warm.

Vir voorsit

  • Sprinkel die komkommers of suurkool oor en sit voor saam met die brood en ekstra suurroom.