• Dreineer die ertjies, spoel af en kook in skoon water tot sag. (Ek doen dit sommer in die mikrogolfoond.)
  • Braai intussen die spek en skenkels in die olie tot bruin in ’n groot sopkastrol of drukkoker.
  • Voeg die vars groente by en roerbraai tot sag.
  • Dreineer die ertjies en voeg by.
  • Voeg die aftreksel, pietersielie en tamaties by, geur met die koljander, paprika, suiker, peper en gerookte sout, en laat prut tot die vleis van die bene afval en die sop lekker geurig en dik is.
  • Verwyder die meeste van die bene en die swoerd indien verkies en trek die vleis in rafels.
  • Geur met die worcestersous na smaak.

Vir voorsit

  • Sprinkel die kaas oor die broodjies, rooster tot gesmelt en sit voor saam met die sop.