Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit 8-10 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.

  • Sny die filodeeg in 4 gelyke blokke. Maak die velle los van mekaar, verf elk met die botter en druk ’n blok versigtig in een van die muffinholtes. Herhaal nog twee keer sodat ’n klein mandjie in die muffinholte vorm. Herhaal met die res van die filodeeg in die ander holtes sodat nog 8-10 mandjies vorm.
  • Vulsel Meng alles goed en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Verdeel die vulsel tussen die filobakkies.
  • Eiervla Klits die eiers en melk of room goed saam en giet oor die vulsel in die filobakkies. Bak in die verhitte oond 15-20 min. of tot die filo goudbruin is en die eiervla gestol.
  • Laat die filobakkies 5 min. in die muffinpan afkoel en haal versigtig uit. Pak op ’n draadrakkie en laat heeltemal afkoel.

Stilering: Carmen Niehaus