Voorverhit die oond tot 230 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en smeer met ’n bietjie olyf­olie.

  • Krummel: Plaas die sonneblomsade, graanvlokkies, paprika, tiemie en sout saam in die bak van ’n voedsel­verwerker en pols tot fyn­gekap. Meng die cheddar en knoffel deur die krummels.
  • Klits die eiers en melk saam. Doop die boompiegedeelte van die broccoli eers in die eier en daarna in die krummel. Druk die krummel vas op die broccolikoppies sodat dit goed bedek is.
  • Pak die gekrummelde broccoli op ’n bord en verkoel minstens 30 min. in die yskas.
  • Pak die broccoli in ’n enkellaag op die bereide bakplaat en drup die olie oor. Rooster 10-15 min. of tot bros.
  • Doopsous: Meng al die bestanddele goed en sit voor saam met die broccoli­happies.