• Geur die hoenderblokke met die sout en vars gemaalde peper. Rol in die meel en skud enige oortollige meel af.
  • Krummel: Meng alles goed.
  • Hoenderhappies: Doop die hoenderblokke een-een in die eier en rol dan in die krummelmengsel. Doop die hoender weer in die eier en rol weer in die krummel. Pak op ’n bord en verkoel minstens 30 min.
  • Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepvetbraai. Braai die hoender in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
  • Vir voorsit: Sit die hoender voor saam met ’n doopsous van jou keuse.

Wenk: Vir ekstra skop, voeg 5 ml (1 t) ­gedroogde brand­rissievlokkies by die krummelmengsel.