• Plaas die hoender saam met die lourierblare, swartpeperkorrels, knoffel, uie, seldery, wortels, sampioene, indien gebruik, en water in ’n groot sopkastrol.
  • Geur na smaak met die sout en bring tot kookpunt.
  • Verlaag die hitte en laat stadig prut tot die vleis van die beentjies afval, sowat 40-60 min. (Jy kan dit ook in ’n drukkoker doen.)
  • Nou kan jy die sop dreineer en slegs die aftreksel en vleis behou of andersins kan jy net die hoenderbeentjies en -vel uit die sop verwyder.
  • Voeg die pastaskulpies, pitmielies of bevrore mielies, babaspinasie en brandrissie, indien gebruik, by.
  • Laat prut tot geurig en tot die pasta gaar is, sowat 12 min.  
  • Voeg die suurlemoensap en -skil by.

Afronding

  • Sprinkel die stingelui, indien gebruik, gebraaide mieliepitte en die pietersielie of koljander oor.

Vir voorsit

  • Sit voor saam met die mieliebroodjies indien verkies.