Voorverhit die oond tot 190 °C.

  • Dreineer die sopmengsel, spoel af en bedek met skoon water.
  • Kook tot sag; moenie sout ­byvoeg nie. (Ek doen dit sommer in die mikrogolf­oond.)
  • Geur intussen die sopbene met die sout en ­peper en pak op ’n bakplaat.
  • Smeer met die tamatiepuree.
  • Bak tot bruin, sowat 20 min.
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie tot sag, voeg die seldery by en braai tot glasig.
  • Voeg die sopmengsel by die uiemengsel en voeg ook die sopbene en res van die groente by.
  • Voeg die aftreksel en tamatiepasta by en bring tot kookpunt.
  • Verlaag die hitte en laat prut tot die sopmengsel sag en gaar is. Voeg nog water by indien nodig.
  • Geur met die sout en peper soos nodig.
  • Voeg die suurlemoenskil en -sap by en sprinkel die pietersielie oor.

Vir voorsit

  • Sit voor saam met die saadbrood.