• Verhit die aftreksel in ’n kastrol en klits die mieliemeel by tot glad en dik. Stel die hitte laer en plaas ’n deksel op. Laat 20 min. liggies prut.
  • Roer die botter en kaas by die pap in en geur goed met sout en peper. Verwyder van die hitte.
  • Skep die mengsel op ’n 20 x 20 cm-bakplaat en versprei dit eweredig. Laat afkoel tot by kamertemperatuur.
  • Sny die afgekoelde mengsel in 24 ewe groot vierkante – dit moet happiegrootte wees. Skep ’n lepel pesto op elke happie en pak ’n stukkie salami bo-op. Rond af met die kruie.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met ’n vars tamatieslaai, indien verkies.
  • KosKaskenades is Dinsdae om 19:00 op SABC2.