• Marineer die aarbeie oornag in die wyn. 
  • Giet die aarbeie die volgende dag in ’n kastrol en laat prut 20 min. tot sag. Laat afkoel en verkoel in die yskas. 
  • Plaas in ’n voedselverwerker en verpulp.
  • Voeg die res van die bestanddele by en verwerk tot glad.
  • Geur goed met ’n knippie suiker (opsioneel) en swartpeper.


Wenk: Wanneer aarbeie nie in seisoen is nie, marineer bevrore aarbeie of bloubessies; dit help met die ontdooislag ook.

Kosstilering: Esther Malan