• Verhit die olie en roerbraai die uie, knoffel en brand­rissie stadig saam met die suiker en ­tiemie tot geurig. Skep uit.
  • Plaas die botter in die pan en braai die niertjies oor hoë hitte tot bruin; giet die skeut brandewyn by. Voeg die biefaftreksel by en laat sowat 10 min. prut tot die niertjies sag is.
  • Voeg die room en gekaramelliseerde uiemengsel by en laat prut tot dit ­effens afgekook en die sous effens verdik het. Geur na smaak met sout en peper. Sit voor saam met vars gebakte brood. 
Moenie niertjies oorgaar maak nie; dit word rubberig, sê Edu. “Sny dit in die lengte in dik skywe. As dit net-net begin lyk asof die helder rooi sappe wat uitloop minder wil raak, verwyder van die hitte.”