Meng die bruismeel, sout en speserye en hou eenkant.

Meng die eiers en die res van die bestanddele buiten die olie.

Voeg die meel by die eiermengsel en meng tot glad en sonder klonte.

Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ’n pan.

Skep lepels vol van die mengsel in die olie en braai tot alkant bruin. Dreineer op kombuispapier.

Vir voorsit

Meng die jogurt en ment. Sit die krokette voor saam met die jogurt.