• Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die stingeluie, gemmer en knoffel tot sag en geurig.
  • Giet die aftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die bruinsuiker, lemmetjiesap en broccoli by en bring tot kookpunt. Laat 5-10 min. prut of tot die broccoli net sag is.
  • Verwyder die kastrol van die hitte en pols die sop fyn met ’n staafmenger.
  • Plaas die kastrol terug op die stoof en verhit. Giet die klappermelk by en laat die sop liggies prut. Geur met die vis- en sojasous na smaak.
  • Vir voorsit: Skep die sop in bakkies en rond af met die peper en geroosterde broccoli.