• Plaas die meel in ’n plat bakkie en geur met die sout en peper. Rol die murgpampoentjies in die meel.
  • Klits die eiers en die melk saam en plaas in ’n ander plat bakkie. Rol die murgpampoentjies in die eier en dan weer in die meel.
  • Saadjiekrummel: Meng al die bestanddele goed. Rol die murgpampoentjies weer in die eier en druk dan die saadjies om elke murgpampoentjie vas. Pak dit op ’n bord en verkoel minstens 30 min. in die yskas.
  • Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai. Braai die murgpampoentjies in sarsies tot die saadjies goudbruin is. Dreineer op kombuispapier.
  • Doopsous: Meng al die bestanddele goed.
  • Vir voorsit: Sny elke murgpampoentjie in die lengte af en sit voor saam met die doopsous en suurlemoen- of lemmetjiewiggies.
  • Dit is genoeg vir 4 mense (as ’n maaltyd) of 6 mense (as ’n bykos).
Wenk
Pleks daarvan om die murgpampoentjies in die saadjiemengsel te krummel, kan gemaalde graanvlokkies of growwe broodkrummels gebruik word.