• Geur die stowevleis met die sout en peper en braai bietjie vir bietjie tot bruin in ’n groot kastrol.
  • Skep uit.
  • Braai die ui, knoffel, prei, wortels en speserye in ’n bietjie olie in dieselfde kastrol.
  • Voeg die vleis weer by asook die lourierblare.
  • Giet die vleisaftreksel oor en kook tot geurig en tot die vleis murgsag is.
  • Voeg soos nodig aftreksel of water by.
  • Voeg die bone saam met hul vloeistof in die laaste halfuur by.
  • Geur ruimskoots met die sout en peper.
  • Sprinkel lekker baie suurlemoen­skil en pietersielie oor.
Wenk
  • Week 500 ml (2 k) droë bone (suiker- en nierbone) ’n uur in kookwater of oornag in koue water; dreineer.
  • Plaas in ’n kastrol, bedek met koue water en kook tot sag.
  • Voeg by die groentemengsel en gebraai- de vleis en kook verder tot ’n geurige dik sop.