• Meng die bruismeel, sout, peper, paprika, brandrissies en kruie in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel.
  • Klits die melk, eiers en botter, en giet in die holte van die droë bestand­dele. Meng goed. Roer die stampmielies en kaas (indien gebruik) by.
  • Verhit die olie in ’n kastrol vir diepbraai. Drup lepels­vol van die mengsel in die olie en braai tot goudbruin en gaar in die middel. Verlaag die hitte as die poffertjies te vinnig bruin braai.
  • Dreineer op kombuis­papier. Herhaal.
  • Tzatziki: Druk die oor­tollige water uit die komkommer. Meng die komkommer met die res van die bestanddele en geur met die sout. Sit voor saam met die poffertjies as doopsous.