• Tamatiebredie: Verhit die olie in ’n groot kastrol. Seël die skenkel sodat dit bruin is en haal dit uit die kastrol. Plaas die ui, knoffel, brand­rissie en gemmer in dieselfde kastrol en laat stadig sweet tot sag en deur­skynend. Voeg die ander speserye by en laat sweet 2 min. 
  • Voeg die tamatiepasta by en verhit nog 2 min. Voeg die tamatiesap en beesvleisaftreksel by. 
  • Plaas die vleis weer terug in die kastrol en laat stadig prut tot die skenkel sag is. Geur met die sout en peper na smaak. Dit behoort sowat 3 uur te neem. Die vloeistof moet verdamp het, maar die mengsel moenie droog wees nie.
  • Vlok die beesvleis en laat heeltemal afkoel voor jy die samoesas maak. 
  • Mentjogurt: Was en stroop die mentblare van hul takkies af. Sny in fyn repies. Meng die repies en skil deur die jogurt. 
  • Afronding: Voorverhit jou braaier tot 160 °C.  Samoesadeeg is deesdae in die meeste supermarkte beskikbaar. Gebruik 30 tot 40 g van die tamatiebrediemengsel per samoesa en skep dit in die hoek van die deeg. Vou die plat stuk van die deeg met die vulsel op skuins oor die strook deeg.
  • Herhaal die vou-­aksie tot die deegvel heeltemal opgerol is. 
  • Diepbraai tot goudbruin en sit dadelik voor saam met die jogurt en komkommer. Rond af met die koljanderblare en spriet­uie.