• Plaas ’n silikonvorm met 6 holtes in ys­water. 
  • Giet die kraanwater in ’n klein glasbakkie en sprinkel die gelatien oor. Laat staan om te hidreer.
  • Meng die res van die bestanddele buiten die kookwater en room liggies sodat die tuna nie te fyn opbreek nie.
  • Voeg die kook­water by die gelatienmengsel en roer tot opgelos. Klits die gelatien by die tunamengsel in.
  • Vou die room liggies by die tunamengsel in. 
  • Verwyder die vorm uit die water en skep dadelik die vulsel in die holtes in. Maak mooi gelyk en plaas in die vrieskas tot geset.
  • Afronding: Ontvorm, pak op ’n dienbord en garneer met radyse en spruite. Sit voor saam met vars brood, sout koekies, groente­borde of as vulsel vir broodjies.